Items {{shoplist.cart_name}}
Total: {{shoplist.currency}} {{total_price}}
{{total_items}}
Item Price Qty
{{item_list.item_name}} () {{shoplist.currency}} {{item_list.item_price}} {{item_list.item_qty}}
A lifestyle of love happiness - Weekly Inspiration - A lifestyle of love and happiness creates an environment where people can grow and find hope and a purpose for themselves and others.
Weekly Inspiration


2013-01-14
Staan jou plek vol waar jy is.


Esther het albei haar ouers verloor toe sy ʽn baie klein dogtertjie was. Haar oom Mordegai het haar toe aangeneem en sy het soos een van sy kinders by hom grootgeword. Hy was gelukkig baie lief vir haar. Nie lank daarna nie is hulle gevange geneem en as krygsgevangenes na die provinsie Susan in die Persiese ryk geneem om te gaan werk as arbeiders in n vreemde land. Esther was n baie mooi meisie.

Terwyl sy daar saam met haar oom gewoon het, het die Koning van daardie land probleme opgetel met sy vrou Vasti. Hy het n groot fees gehou en al sy amptenare en vriende genooi. Op n stadium gedurende die fees wou hy met haar spog en het haar ontbied om voor hulle te verskyn. Vasti wou niks daarvan weet nie en Ahasveros het baie kwaad geword. Daar is toe besluit om haar as koningin te verwyder en hulle is toe uitmekaar.

Om ʽn nuwe vrou te bekom is daar toe n skoonheidskompetisie uitgeskryf en die meisie wat dit wen kon koningin geword. Mordegai het Esther ingeskryf vir die kompetisie want sy was baie mooi. Omdat Esther al so swaar in haar lewe gehad het, het sy niks as vanselfsprekend aanvaar nie en was met min tevrede. Sy het niks meer verwag of gevra as wat hulle vir haar gegee het nie. Sy was glad nie veeleisend nie want sy het met min grootgeword en was dankbaar vir elke klein dingetjie wat sy gekry het.

Al die eienskappe wat sy deur haar moeilike lewe ontwikkel het, het haar bevoordeel in die kompetisie. Die koning het die meeste van haar gehou en is met haar getroud. Sy het koningin in Vasti se plek geword. Gedurende die tyd is die Jode bedreig en sy moes inspring om hulle te red, sy het eers nie kans gesien nie!!

Mordegai het egter vir haar gevra of sy nie dink dit is met die oog op ʽn tyd soos hierdie dat sy koningin geword het nie. Sy het ingestem en toe gehelp dat die Jode behoue gebly het en dat die man wat hulle ondergang  gesoek het geboet het met sy lewe.

Alles wat jy beleef en gedoen het tot nou toe, het jou voorberei vir n baie belangrike taak, iets wat jy moet doen. Jou huidige situasie is die regte omgewing waar jy moet wees om juis dit wat jy voor gereedgemaak is te doen. Die unieke lewe wat jy geleef het met die ervaring wat jy opgedoen het is baie waardevol. Dit is soos n kwalifikasie wat jy opgedoen het. Iets soos die Universiteit van die lewe. Dit het jou voorberei om iets te weet in n spesifieke aspek van die wereld, of die lewe wat niemand anders weet of beleef het nie. Daardie kennis en ondervinding is ongelooflik waardevol, daar gaan iets goed daaruit ontstaan! Esther het gekom waar sy was om haar volk te red van ʽn gewisse bloedbad.

Jy dink dalk op die oomblik nie jy is op die beste plek of die plek waar jy eintlik moet wees nie. Glo my as jy nie saamstem dat die plek waar jy vandag is, die plek is waar jy moet wees nie, dan is jy nie alleen nie

Ander het ook so gedink. Miskien haat jy die situasie waarin jy is soos Elia.  Kyk bietjie hoe Elia gevoel het oor sy plek in die lewe. ʺDit is te veel Here, ek sien nie kans hiervoor nie, ek verkies om dood te gaanʺ. 1 Konings 19 : 4. Hy het dit gehaat. Hy was moedeloos hy het nie meer kans gesien om aan te hou nie. Alles het net vir hom te veel geword.

Ander wil weghardloop soos Jona. ʺMoenie dit van my verwag nie ek is jammer. Ek moet hierdie ouens help. Oor my dooie liggaamʺ Jona 4 : 1 -2.  Hy was totaal ongemotiveerd depressief oor God hom in so n onaanvaarbare situasie laat beland het, om ʽn bloedorstige volk te help. Hy kon dit nie hanteer om met die mense van Nineve te gaan praat nie. Hulle was vyande van sy mense, hulle was n bose volk. Hy het dit absoluut probeer vermy hy wou net wegkom van alles. Sy keel het toegetrek as hy net dink aan sy omstandighede en hy wou die pad vat.

Ander is verskriklik kwaad. Nadat Job en sy vrou alles verloor het kon Job se vrou dit nie hanteer nie. Ek haat jou s Job se vrou aan God en probeer Job oorhaal om ook so te dink. Job 2 : 9. Sommige mense soos Job se vrou beleef die ergste vorm van agressie om God te haat en hom te vloek oor die situasie waarin hulle hul bevind. Hulle situasie is so onaanvaarbaar hulle draai hulle rug op God daaroor. Hulle plaas die onreg, hartseer en verskrikking van die wreld alles voor God se deur. As dit is hoe God dinge hanteer volgens hulle, dan is hulle klaar met Hom.  

Of jy kan angsbevange wees. ʺHere laat hierdie beker van lyding asseblief by my verbygaan, nogtans nie soos ek wil nie maar soos U wilʺ  Matt 26 : 38 39. Die situasie waar jy jou bevind kan so erg wees dat jy totaal van stryk af is. Jy is so verskriklik bang, buite jouself van bekommernis. Jesus was in so situasie en ons kan ons net indink hoe hy moes gevoel het.

 

Die groot ding egter is dat God vir sy kinders almal n doel het. God het nooit gedink dat ons n vrugtelose lewe moet h nie. Hy het vir ons iets om te doen. By God is daar nie so iets soos verveeldheid nie. As jy God se kind is kan jy nie net rondsit nie. Daar is altyd iets om te doen. En die wonderlike van alles is dat dit wat jy moet doen iets is wat jy ken, wat jy verstaan en waarvoor jy op n misterieuse manier voorberei is. God is altyd op n wonderlike manier agter die skerms besig om dinge te beheer en sy kinders op strategiese plekke te ontplooi.

God het jou dalk in die situasie geplaas waar jy is om ander te red soos Josef. Sy broers het soos kriminele opgetree om hom te verkoop. Alles moes egter so gebeur het sodat hy vir hulle redding kon bewerk. Hulle het soos kriminele opgetree en hulle broer amper doodgemaak maar hom toe uiteindelik as ʽn slaaf verkoop en die geld wat hulle vir hom gekry het gevat en uitgemors. Daar was egter n groter plan waarvan hulle nie bewus was nie. Josef moes as slaaf verkoop word sodat die Jakob familie kon oorleef en voortgaan om uiteindelik vir Jesus voort te bring en die basis te skep vir moderne christelike oortuigings.  ʺMoenie sleg voel oor die feit dat julle my verkoop het nie, dit moes so gebeur het.ʺ Genesis 45 : 5 7

God het jou dalk in n plek gebring om daardie plek te verbeter, mooi te maak. Jy is dalk op n plek geplaas om daardie plek op te bou en uit te bou tot iets groot en goed! Luister wat Jeremia vir die ballinge s. ʺBou vir julle huise l vir julle tuine aan.ʺ Jeremiah 29 : 5 7. Dit is wat die ballinge in Persi moes doen. Hulle moes gaan om n positiewe bydrae te lewer tot n ander land en sy mense.

Jy is dalk op n plek geplaas om die lot van sekere mense om te draai soos met Ester ʺWie weet dit is dalk met die oog op n tyd soos hierdie dat jy koningin geword hetʺ Esther 4 : 14b. Ester het Koningin geword om die uitwissing van God se kinders in die vreemde te keer en om te draai. Jy het dalk die lot van ʽn groep mense so klein as een gesinnnetjie in jou mag om om te draai en te verbeter.

Jy het dalk ʽn groter doel soos wat Jesus gehad het om die wreld te red. Om die bose en die dood terwille van ander te oorwin. Om ʽn redder en ʽn Messias te wees. Om ʽn tussenganger te wees, jou lewe op te offer tot voordeel van ander. Dit is nog altyd mense wat die rigting van die wreld verander het, hulle is sekerlik ondersteun deur engele maar dis nog altyd mense wat die werk gedoen het.

Dit is baie goed vir ons en dis ongelooflike groot genade wanneer God vir ons iets belangrik gee om te doen. In die Rooms Katolieke kerk is daar n groep nonne wat hulleself die ʺPoor Clairesʺ noem. Die mense gaan nooit uit in die wreld in nie, net deur gebed en meditasie glo hulle, bring hulle n verandering in die omgewing. So of jy buite in die wreld is of binne in n klooster woon, jou teenwoordigheid as God se kind is altyd belangrik!

Die situasie waarin jy jou vandag bevind het ʽn baie belangrike doel, n Godgewe doel, gaan sit en dink mooi. Soek dit, werk dit uit, oordink dit en doen dit, maak soos Esther sy het haar doel gevind dit oorweeg en uitgevoer. Wat ookal die aard van jou situasie, agtergrond of geskiedeins, jy het n doel. Jy moet jou plek soek en dit vind! Bring lig nie duisternis nie, bring geluk nie pyn nie, bring hoop nie wanhoop nie! Jy het iets baie belangrik om te doen en doen dit

Jy sal weet waar jou plek in die lewe is en hopelik sal jy jou plek volstaan soos Jesus gemaak het toe Hy aan die kruis gesterf het. ʺDit is volbringʺ Johannes 19 : 30. Volg Jesus se voetspore sodat jy op die ou end kan s, dit is volbring. Hoe sleg sal dit wees as jy op jou ou dag dit nie kon doen waarvoor jy ontplooi is nie! Hopelik sal jy aan die einde van jou lewe kan s Ek het my plek volgestaan Here ek kan maar sterf!



Comments
Add Your Comment 
   

* Name:   
* Email:    
* Comment:    
  Please calculate the following and enter the answer below: 1 x 4 + 5 = ?
Answer:
 
Please leave this box blank.
 
Back Back to top