Weekly Inspiration 2013-03-26 Waardeer al jou gawes Al die vaardighede wat ons het is gawes van God so lees ons in die Bybel en ons moet baie bly en baie dankbaar daarvoor wees. God gee vir ons baie dinge soos byvoorbeeld vermoeëns en talente om goed te maak. God het mense toegerus om in die tabernakel te werk en voorwerpe te maak wat hulle daarin gebruik het. God het hulle met sy Gees toegerus en vaardig gemaak om die dinge te maak: “Ek het hom toegerus met my Gees sodat hy met vaardigheid, insig en verstand enige werk kan doen: ontwerpe maak en dit in goud en silwer en brons uitwerk, edelstene verwerk en monteer, en houtwerk doen. Hy sal enige werk kan doen.” Eksodus 31 : 3 God gee ook middele en produkte wat ons kan gebruik om van te leef. Alles op die aarde is geskenke van God en daar vir ons om te gebruik. God het vir Adam en Eva ‘n tuin gegee om in te woon. ‘n Land met alles wat nodig is vir hulle lewe. Hy het vir hulle ‘n aardse paradys gegee. Ek wonder of hulle ook trots op hulle paradys was? Die Here het die mens in die tuin laat woon om dit te bewerk en op te pas. Die Here God het die mens beveel: “Van al die bome in die tuin mag jy eet soos jy wil.” Ons mag eet van die vrugte van die bome in die tuin. God het net gesê ons mag nie eet van die vrugte van die boom in die middel van die tuin nie. Gen 3 : 3. So het Eva immers vir die slang ook gesê. Die Here gee ook somtyds vir ons die fisiese vermoeë om goed te kan doen soos hy met Simson gemaak het. Simson kon enige iets met sy hande tem van mens tot dier. Hy was bo-menslik sterk gespierd, goed gebou, ‘n blok van ‘n man. Niemand en niks kon teen hom standhou nie. Die Gees van die Here het vir Simson sterk gemaak en hy het ‘n Leeu wat eenkeer op hom afgestorm het kaalhand uitmekaar geskeur asof dit ‘n bokkie was. Rigters 14 : 6 Vir gelowiges gee die Here ook die gawe van ‘n nuwe lewe, dis die belangrikse van enige geskenk wat ons van God ontvang het. Eintlik gee God vir ons alles wat ons hart begeer, alles wat by ons pas en wat ons ondersteun. Ons is meer geseënd as wat ons dink. En hopelik is ons trots daarop en dankbaar daaroor. In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons ‘n lewende hoop op die onvergangklike onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. 1 Petrus 1 : 4. Ons het ‘n ongelooflike pakket, ons leef in God se paradys. Die probleem is egter dat ons nie altyd daarmee tevrede is of daarvoor dankbaar is nie. En as jy nie dankbaar is nie is jy eintlik ongemanierd. Ongemanierde mense is altyd onvergenoegd en ongelukkig. Hulle kla or alles! As ons dan ondankbaar is oor wat God vir ons gee het ons. Sou ons dit wat ons ontvang het dan aflag of verkleineer, verloor ons dit. Adam en Eva het die verskeie, meer as genoeg gawes van God nie waardeer nie en nie ten volle gerespekteer nie. Dit was in hulle oë nie nie voldoende nie en het op verskeie gebiede te kort geskiet hulle was nie trots op hulle paradys nie. Dit is die groot gevaar van die lewe as jy meen dat dit wat jy van God ontvang het op een of ander manier te kort skiet. Dat dit nie goed genoeg is nie. As jy nie tevrede is met dit wat God vir jou gegee het nie maar jy wil altyd meer hê. So het Simson dit ook met God gedoen, Hy het God beproef en was vir sy uitnemendheid nie dankbaar nie. Hy het dit nie respekteer nie, hy het nie daarvoor omgegee nie en dit vanselfsprekend aanvaar. Toe Hy vir Delila vertel het wat die geheim van sy vermoeëns is het hy basies sy talente en gawes weggegooi. Hy het alles gehad behalwe Delila se goedkeuring, net om haar goedkeuring te kry vertel hy vir haar sy lewensgeheim. Hoe onbenullig kan jy meer kry. Dis nou soos die Bybel se om wat heilig is vir die honde te gooi. Dit wat God vir jou gegee het is heilig, dis is soos edelstene, soos goud, soos al die geld in die wereld. Dit is jou siel en jou bestaan wees dankbaar daaroor, waardeer dit en wees trots daarop. Hy het alles verloor met een onbesonne daad toe hy sy geheim met ‘n vrou gedeel het, sy het hom verraai en dit het sy lewe gekos. Simson het alles verloor wat hy gehad het en kon dit nooit weer terug kry nie. Dit is dikwels onmoontlik om genadegawes wat God vir jou gee terug te kry as jy dit versmaai of verloor het. Simson se lewe was verby. Waardeer wat jy het al is dit ook hoe min, moet dit nie weggooi nie, jy sal dit nooit weer terugkry nie! Respekteer wat jy het, bewaar dit beskerm dit, hou dit vas. As daar iets is wat in die agtergrond jou wil wil oortuig om God se geduld te beproef, ietsie klein wat jou wil wil in rebellie teen God bring, iets wat vir jou fluister dat dit wat jy het nie goed genoeg is nie, sny dit af of pluk dit uit, so belangrik is dit om jou goed, jou pakket te behou. As jy dit eers verloor het is dit verby. Hou vas aan jou paradys. Daar is niks so vernietigend as onvergenoegdheid en om God se geduld te beproef nie. Die Israeliete het die magtige teenwoordigheid van God verruil vir afgode toe hulle die goue kalf gebou het. Moenie God se geduld beproef nie. Ons het almal van God dinge gekry en wat meer is ons gaan nog baie meer van hom kry. “Laat ons wat ‘n onwankelbare koninkryk ontvang het dan nou dankbaar wees. Laat ons God dankbaar dien met eerbied en ontsag, soos hy dit wil, want ons God is ‘n verterende vuur.” Hebreers 12 : 28 Die les van jou huidige gawes en vermoeëns eindig egter nie hier nie. Daar is ‘n belangrike nuwe insig en die Israeliete het dit op ‘n baie harde manier geleer. Jy moenie net dankbaar wees oor die goed wat God nou vir jou geen nie maar ook die dinge in die toekoms. Die Israeliete was op die punt om ‘n pragtige land van God ontvang maar hulle het nie gedink dat God instaat is om dit vir hulle te gee nie. God het vir Moses laat verspieders uitstuur om die land wat Hy aan hulle beloof het te gaan deurkyk sodat hulle dit kon gaan inneem. Toe die groepie manne tergukom het hulle terugvoering gegee: “Ons het in die land gekom waarheen u ons gestuur het. Dit loop oor van melk en heuning.” Numeri 13 : 27 Dit was ‘n pragtige land met meer as genoeg om hulle hele volk te voed en te laat groei. Hulle het die land gesien deur die oë van die verspieders maar kon nie glo dat dit vir hulle bedoel is nie. Dat dit regtig hlle s’n is nie. God was te klein in hulle oë. Hulle het nie geloof gehad in die geskenke wat God vir hulle in die toekoms aangebied het nie, ‘n land wat oorloop van melk en heuning. Druiwetrosse so groot soos ‘n man se liggaam. Hulle kon dit nie uitgewerk kry nie omdat dit in die toekoms was. Hulle het gemor in hulle tente oor God se plan om vir hulle iets in die toekoms te gee. Hulle toekomstige uitnemendheid vermoeëns en gawes kon hulle eenvoudig nie opgewonde maak nie. Die toekoms kon hulle nie opgewonde maak nie en ook nie dankbaar nie. Hulle het ‘n waardevolle land versmaai en die belofte van die Here nie geglo nie, hulle het in hulle tente gesit en mor en nie na die Here geluister nie. Hulle het ‘n kosbare land versmaai:” Psalm 106 : 24 – 25. Die Israeliete het heeltyd gekla oor alles nadat hulle uit Egipte getrek het, hulle skaamteloos meer kos geeis in die woestyn en so die Here heeltyd beproef en moedeloos gemaak. Hulle het geen toekomstige vrede gesien nie, hulle het geen hoop vir die toekoms gehad nie. Hulle hele lewe was gebou en gegrond op die nou met al die probleme wat hulle kon sien en dit is baie gevaarlik want daar is ‘n baie beter toekoms wat ons nie kan sien nie. God is ook God van ons toekoms, van my en jou toekoms. Jou toekoms is net so groot soos jou God in jou eie oë is. Moenie onderskat wat God nog vir jou in die toekoms kan doen nie. Dit is waar ons sukkel, ons moet ook dankbaar wees oor die dinge wat ons nog gaan kry! Al daardie dinge, die wat ons het en die wat ons nog gaan kry is uiters kosbaar. Dit is vir ons gegee en gaan nog vir ons gegee word uit genade en as gevolg van God se liefde vir ons. Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe tot in alle ewigheid” Efesiers 3 : 20 Hier word aan jou beloof ‘n land wat oorloop van melk en heuning. Die eerste ding is ons vergeet hoe wonderlik en goed ons pakket eintlik is. Die tweede ding wat ons vergeet, en dit is die ergste, hoe goed dit nog kan word. Daardie deel sien ons nie raak nie. Hoe goed dit nog kan word, deur God se krag kan ons oneindig meer doen as wat ons kan bid of dink. Ons vergeet die land wat oorloop van melk en heuning. Sien jou gawes hoe hulle kan wees in die toekoms. Sien hoe jou vermoeëns toeneem, sien hoe jou vaardighede vermeerder. Sien hoe jou krag toeneem, sien hoe jou wysheid groei. Sien hoe jou kennis uitbrei. Sien hoe jou geskenke oorvloedig raak. Wees altyd bewus van jou toekomstige waarde in Christus. Deur Jesus is jou waarde more groter as vandag want hy werk in jou. “Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.” Filippense 1 : 6 Besef altyd die toekomstige waarde van God se liefde in jou lewe en moet dit nie in gevaar stel nie. Besef ook die verantwoordelikheid wat daarmee saamgaan en sorg dat jy dit kan dra. Die duiwel sal altyd probeer om jou toekomstige pakket te verkleineer! Verloor jou hoop op die toekoms en jy val in ongeloof. Die duiwel sal altyd probeer om die waarde van dit wie jy is en dit wat jy nog kan word skerp te verminder. Hy wil dit waardeloos maak in jou oë sodat jy dit as onbenullig sien. As jy dit as onbenullig sien dan is dit maklik om dit weg te gooi. Hy wil hê jy moet respek verloor daarvoor, jy moet jou waaksaamheid opgee, jy moet onverantwoordelik begin optree daarmee. Hoe meer onverantwoordelik jy raak hoe makliker word dit om dit weg te gooi Hier is ons boodskap: Waardeer wat jy het, respekteer dit en beskerm dit, sien jou toekomstige uitnemendheid raak en moenie hierdie kosbare geskenke van God weggooi, of dit op ‘n onbesonne wyse verloor nie. Wees altyd dankbaar en waardeer, nie net die dinge van vandag nie maar veral vir die wonderlike dinge wat in die toekoms gaan gebeur en hou daaraan vas met albei hande! |
Back | Back to top |