Items {{shoplist.cart_name}}
Total: {{shoplist.currency}} {{total_price}}
{{total_items}}
Item Price Qty
{{item_list.item_name}} () {{shoplist.currency}} {{item_list.item_price}} {{item_list.item_qty}}
A lifestyle of love happiness - Weekly Inspiration - A lifestyle of love and happiness creates an environment where people can grow and find hope and a purpose for themselves and others.
Weekly Inspiration


2013-04-25
Wees lief vir jou mense


Die Here het ‘n hele aantal mense in ons lewens ingebring. Daar is ons ouers, ons lewensmaat, ons kinders, ons vriende en ons kollegas. Hierdie mense is deur God rondom ons geplaas en ons moet vrede maak met hulle. Hulle is daar vir ons, om ons te ondersteun, ons te help en vir ons om te geniet. Dit is soms moeilik omdat mense nie volmaak is nie. Die Iere het mos ‘n spreekwoord wat lei: “Friends come and go but enemies accummulate.” Hopelik deur Jesus se genade kan ons waardevolle vriendskappe bou en dit behou sonder om te veel vyande te maak.

Die mense wat God rondom ons geplaas het is die beste mense vir ons. God maak nie foute nie, ons moenie heeltyd loop en soek vir ander mense nie, die wat ons het as vriende en familie is die regte mense. Daar is niks verkeerd met hulle nie. Daar is wel buitengewone omstandighede maar dit is uitsonderlik en baie min, in so geval sal ons weet dat daar iets nie reg is nie. Oor die algemeen, in normale omstandighede is die wat rondom jou is die regte mense. Wees gemaklik met hulle.

As jy heeltyd dink die mense wat rondom jou is, is die verkeerde mense sal jy nooit gelukkig wees nie. Jy sal hulle nie kan aanvaar nie en ook nie vertrou nie. Daar sal geen konstruktiewe gesprek kan plaasvind nie en dan sal dit altyd sleg bly.

Jou ouers, jou kinders, jou vriende en jou lewensmaat is die mense wat deur God vir jou gegee is aanvaar en sien dit so.

Vriende is baie belangrik, moet nooit die waarde van jou vriende onderskat nie. Pas jou vriende baie mooi op en waak oor julle verhouding. Paulus was in sy bediening geheel en al van vriende afhanklik. Dit was goeie vriende wat aan hom blyplek en kos verskaf het, dink aan Lydia die tekstiel handelaar, Markus die neef van Barnabas, Lukas die dokter en aan Priscilla en Aquilla het hulle lewe vir hom gewaag om maar net enkeles op te noem. Sonder hulle sou hy nie so suksesvol kon wees nie. Vriende is jou ondersteuningsraamwerk maak nie saak wie en wat hulle is nie. Dawid het ‘n klomp leegleêrs gaan bymekaarmaak om sy aanspraak op die troon te ondersteun. Ek dink nie hy was altyd so trots daarop nie maar hy het op daardie stadium geen keuse gehad nie en miskien het hy baie vir hulle beteken en hulle ook reggehelp waar hy kon. Wees lief vir jou vriende, hulle is soms baie beter as familie. Die boek Spreuke stel dit so: Friends always show their love what are relatives for if not to share trouble. Proverbs 17 : 17

En moenie skroom om jou vriende te vra as jy hulle hulp nodig het nie. Dit is onnodig om familie wat ver bly te kontak as jy vriende het wat naby bly. Hier in Ierland het ons soms net vriende om ons by te staan en dis al. Dit is egter geen probleem, Salomo dink ook dis goed om vriende naby jou te hê. En in elk geval jou vriende gaan jou kwalik neem as hulle hoor jy was in die moeilikheid maar jy het hulle nie gevra om te help nie. “Do not forget your friends or your father’s friends. If you are in trouble, don’t ask a relative for help; a neighbour near by can help you more than relatives who are far away.” Proverbs 27 : 10

Maak vriende dit is goed vir jou. Lewe op goeie voet met jou bure dit is belangrik. Wees gsvry teenoor jou vriende en wees goed vir hulle. Help hulle as hulle jou nodig het en ondersteun hulle waar jy kan

Vriende kan egter gevaarlik wees so wees ook op die uitkyik vir vriende wat vir jou moeilikheid kan bring. Slegte vriende is egter meer die uitsondering as die reel. Mense wat jou net wil misbruik kom aanvanklik voor as vriende maar jy sien gou deur hulle.

Help veral jou kinders met hulle vriendskappe. My ouers het ook op ‘n stadium agtergekom ek het maaitjies nodig. Hulle besluit toe om kinders vakansies te laat kom kuier, ongelukkig was dit nie die regte tipe maats nie en dinge het nooit lekker uitgewerk nie. Maak nie saak hoe nie, help julle kinders om vriende te vind wat hulle nie sal boelie nie en ook nie in die afgrond in sal sleep nie vriende wat by hulle pas. A young man/woman who obeys the law is intelligent. One who makes friends with good-for-nothings is a disgrace to his father/mother.Proverbs 28 : 7

Wanneer iemand wat naby aan jou is, jou waarsku oor slegte vriende dan mag jy iemand se vriendskap opskort. Moenie vriende maak met mense wat net afbreek en lui is nie en probeer jou kinders begelei om versigtig te wees vir sulke mense en kinders.

Ons glo dat God vriende oor ons pad bring en ons sal hulle so aanvaar liefhê en ondersteun, in sekere uitsonderlike gevalle sal ons egter vriendskappe moet stop.

Ons ouers is ook deur God vir ons gegee as ‘n uiters kosbare geskenk. Ons met net altyd onthou, ons sou nie bestaan het, as dit nie vir hulle was nie. Ons het ook geen keuse met ons ouers nie, ons het hulle nie gekies nie, God het hulle gekies. Ouers verdien respek en liefde en ons moet dit vryelik vir hulle gee. Ek het nie meer ouers nie en ek kan julle belowe ek dink gereeld aan maniere hoe ek meer kon gedoen het, meer tyd kon spandeer het, meer kon gehelp het ‘n mens het maar altyd skuldgevoelens oor jou ouers as hulle nie meer daar is nie. Children, it is your Christian duty to obey your parents, for this is the right thing to do. Respect your father and mother so that all may go well with you. Ephesians 6 : 1 - 2

Ons is ook dit aan ons ouers verskuldig om ons lewe reg te hou, hard te werk en so vêr moontlik suksesvol te wees in dit wat ons doen. Ons moet ons ouers trots maak op ons, as ons suksesvol is in wat ons doen maak ons hulle gelukkig. Make your father and mother proud of you; give them that happiness. Proverbs 23 : 25

Daar is egter sekere gevalle waar ouers dit baie moeilik maak vir kinders om deur hulle aanvaar en waardeer te word. Ons het geen rede om ons ouers sleg te behandel nie daar is geen verskoning vir ongehoorsamheid en slegte maniere nie. Ouers kan dit egter baie moeilik maak vir hulle kinders. Dit moet mens so vêr moontlik probeer vermy. Parents do not treat your children in such a way as to make them angry. Instead bring them up with Christian discipline and instruction. Ephesians 6 : 4

Wanneer ouers hulle kinders onder onnodige druk sit kan dit die lewe vir die kinders baie moeilik maak. Ouers moet versigtig wees met verwagtings ten opsige van hulle kinders. Kinders kan nie ouers se onvervulde drome vervul of onbereikte ideale verwesentlik nie, elke ou het sy eie lewe, eie visie en moet sy eie skoene vol te staan. “Parents do not irritate your children, or they will become discouraged.” Colossians 3 : 21

In 60 NC was dit baie moeilik vir jong Christen kinders om te oorleef. Hulle was anders as die ander, het nie ‘n kerk soos die ander of ‘n priester gehad nie en baie keer was die kinders se ouers arm of in die tronk as gevolg van hul oortuigings. Daar was dus klaar al baie druk op jong Christen kinders. Paulus vra dat ouers baie wysheid aan die dag moet lê in hulle kinders se opvoeding. Irriteer het die volgende betekenisse: Make them to: become nervous and shy; to lose their strong feeling and courage; to become listless, moody and hostile; Do not make unreasonable and harsh demands on them. Provide children with what they need, food and discipline, love and guidance

Ons moet respek toon teenoor ons ouers en vir hulle baie lief wees. Ons moet hulle aanvaar net soos hulle is maar hopelik sal ouers ook in gedagte hou dat hulle nie onnodige druk op hul kinders moet plaas en dit vir hulle moeilik maak nie. En terselfdertyd mag kinders ook nie hulle ouers irriteer en gereeld fout soek by hulle nie! Ek kan dit nie beter stel as in die ou boekie wat ons almal ken nie nl. “Die Profeet” They come through you but not from you. You may give them your love but not your thoughts, for they have their own thoughts. You may house their bodies but not their souls, You may strive to be like them but seek not to make them like you. Kahlil Gibran

 Lewensmaats

 Ons lewensmaats is ook aan ons gegee ons moet vrede maak met hulle. Ons is nie gemaak om alleen te wees nie en as die Here vir ons ‘n maat gegee het moet ons dankbaar wees vir daardie persoon. Ons moet die persoon in ons lewe aanvaar en onvoorwaardelik liefhê. Ons moet hulle geniet en versorg. Daar is tye in elke huwelik dat dinge swaar gaan en mans en vrouens word sekerlik onderwerp aan versoekings. So be happy with your own wife/husband and find your joy with the one you married. Proverbs 5 : 18

 Niemand is volmaak nie ons het almal maar gebreke en skiet in baie opsigte te kort. Hopelik sien ons agter alles die weerlose mense raak wat God aan ons geskenk het. Elke mens is ook ‘n bietjie stukkend en worstel ook met sy eie probleme. Hierdie dinge moet ons probeer raaksien en verstaan! Jy kan egter nie positief bou aan enige verhouding as jy heeltyd in jou agterkop dink dat jy dalk die verkeerde lewensmaat het nie, dit sal jou altyd in ‘n doodloopstraat laat beland. Daarom moet ons die een saam met wie ons leef baie liefde gee. Verliefdheid gaan verby en op die ou end wat bly oor … But it also applies to you: every husband must love his wife as himself, and every wife must respect her husband. Ephesians 5 : 33

‘n Huweliksverhouding word aan die gang gehou met liefde en respek, dit is al. Die man moet sy vrou liefhê en die vrou moet haar man rspekteer.

 Ons leef in ‘n baie moeilike wêreld. Mans se rolle verander daagliks. Vrouens word oral op gelyke voet aanvaar en gebruik, dit maak dat mans die rol van huishouer begin oorneem. Die tradisionele rol van die man as broodwinner is dus aan die verander. Vir mans is dit dus baie moeilik om die skuif te maak en nog steeds die leier in die huis te wees. Ons is eintlik terug by die tyd van Spreuke 31 : 10 – 31.

 Daar het die vrou ook die huishouding finansieel aan die gang gehou en die man het heeldag raad gegee in die stadspoorte. En dit was heeltemal goed so almal het haar daarvoor wardeer! Dit is die belangrikste. Her children show their appreciation and her husband praises her.Proverbs 31 : 28

Die geheim is dus wedersydse respek en wedersydse liefde, want albei speel belangrike rolle en vergeet van die kompetisie van ouds, vergeet van al die tradisionele rolle en pas aan by dit wat vir albei die beste werk. Moenie die lewe vir mekaar bitter maak nie. Husbands, love your wives and do not be harsh with them. Colossians 3 : 19

Werk hard aan julle huishouding, ondersteun mekaar in alles. Werk altyd as ‘n span saam en moenie mekaar beskuldig nie, dit sal niks help nie. Hou dinge bymekaar en werk hard aan almal se welwese. Dinge kan heeltemal mal raak, dit weet ons almal. Daar kom tye dat dit onhoudbaar raak en die man net wil weghardloop. Wees versigtig dat julle mekaar nie teen die mure uitdryf nie!! Stupid children can bring their parents to ruin. A nagging wife is like water going drip-drip-drip.Proverbs 19 : 13

Jesus het gelukkig vir ons almal kom sterf sodat ons kan leef. In verbondenheid met hom kan ons baie dinge hanteer. Hy het die standaarde kom verhoog en hy se ons moet bereid wees om vir mekaar te sterf, so lief moet ons vir mekaar wees. Hy praat van mense wat glo maar ons moet nie vergeet dat Jesus gekom het om verlore mense te red nie. Ons moet dus nooit moed opgee met ander nie. My commandment is this: love one another just as I love you. The greatest love a person can have for his friends is to give his life for them. And you are my friends (brothers, sisters, mother) if you do what I command you.John 15 : 12 – 14

Die Here het vir ons mense gegee om die pad saam met ons te loop. Hierdie mense is ons ouers, ons kinders, ons vriende en ons lewensmaats, ons moet hulle aanvaar en vir hulle lief wees en as dinge verkeerd loop moet ons iemand vra om te help.



Comments
Add Your Comment 
   

* Name:   
* Email:    
* Comment:    
  Please calculate the following and enter the answer below: 1 x 4 + 5 = ?
Answer:
 
Please leave this box blank.
 
Back Back to top